By Published On: August 24, 2026

DIE KERN BOODSKAPPE VAN KI TAVO: Onthou waaruit YHVH jou gebring het, wees dankbaar vir waar Hy jou gebring het, en wanneer jy Sy seën binnestap, moenie die Gewer vergeet nie.

Ki Tavo (כִּי־תָבוֹא) beteken “Wanneer jy inkom.” Israel staan op die punt om die Beloofde Land binne te gaan. Ná jare in die woestyn sou hulle uiteindelik huise bewoon, lande bewerk en die vrug van YHVH se beloftes geniet.

Maar Moses herinner hulle aan iets belangriks: Wanneer die seën kom, moenie die Een vergeet wat dit gegee het nie.

DIE EERSTE VRUGTE – ’N HART VAN DANKBAARHEID

Ki Tavo begin met ‘n pragtige opdrag om die eerste vrugte van die land na YHVH te bring:

“Dan moet jy van die eerstelinge neem van al die vrugte van die land…”
Deuteronomium 26:2

Wat ‘n voorreg! Die eerste vrugte was meer as net ’n offer. Dit was ’n verklaring:

“Alles wat ek het, het uit U hand gekom.”

Die Israeliet moes sy mandjie neersit en die verhaal van sy volk onthou: hulle was vreemdelinge, hulle het in Egipte gely, YHVH het hulle geroep gehoor, hulle verlos en uiteindelik in die land gebring.

Dankbaarheid begin dus by onthou.

Wanneer ons vergeet waaruit YHVH ons gebring het, begin ons maklik dink dat ons seëninge bloot die gevolg van ons eie vermoë is.

SEËN EN GEHOORSAAMHEID

Deuteronomium 28 bevat die bekende seëninge van gehoorsaamheid:

“Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.”
Deuteronomium 28:3

Maar Ki Tavo bevat ook ernstige waarskuwings oor die gevolge van ongehoorsaamheid. Dit herinner ons dat YHVH se verbond nie iets oppervlakkigs is nie. Hy roep Sy volk tot ’n lewe wat Sy karakter weerspieël.

Tog wys die Skrif uiteindelik na ons behoefte aan Iemand wat kan doen wat ons nie volkome kon doen nie.

Hier word Yeshua sentraal.

Paulus skryf:

“Messias het ons losgekoop van die vloek van die Torah…”
Galasiërs 3:13

Yeshua het nie gekom om YHVH se Torah waardeloos te maak nie of in ‘n geskiedkundige dokument te verander nie, maar om ons te verlos van die veroordeling wat sonde bring. Deur Hom ontvang ons vergifnis, herstel en ’n nuwe hart waarin YHVH Sy weë wil skryf. Sy weë verander nie, dis ons harte wat verander om dit in liefde te aanvaar.

WANNEER JY INKOM…

Daar is iets besonders in die naam Ki Tavo: “Wanneer jy inkom.”

Moses sê nie “as julle dalk inkom” nie. Die land was YHVH se belofte. Israel moes egter leer hoe om binne die belofte te leef.

Dit spreek ook tot ons.

Soms bid ons lank vir ’n oop deur, voorsiening, herstel of ’n nuwe seisoen. Maar wat gebeur wanneer YHVH antwoord?

Sal ons Hom nog onthou wanneer die gebed ’n getuienis geword het?

Ki Tavo leer ons om nie net YHVH in die woestyn te vertrou nie, maar Hom ook in die land van oorvloed te eer.

Ons bring ons “eerste vrugte” wanneer ons erken dat alles uit Sy hand kom. Ons onthou waaruit Hy ons verlos het. En deur Yeshua die Messias leef ons nie om YHVH se liefde te verdien nie, maar in dankbare gehoorsaamheid omdat ons reeds deur genade nader gebring is.

ALLES TOT EER VAN ONS KONING!

RFGR

  • B’reisheet: From Darkness to Eden October 5, 2026
    B’reisheet introduces the great storyline of Scripture: Elohim creates a good world, humanity is called to bear His image, sin brings exile and death, yet YHVH immediately begins revealing His plan of redemption and restoration through Yeshua. The Original Setting B’reisheet contains several foundational events: Elohim creates the heavens and the earth. Light […]
  • The Oath That Made a People : Nitzavim September 17, 2026
    A commentary on Parashah Nitzavim (Deuteronomy  29:9–30:20) Scripture quotations are from the American Standard Version (1901). Verse numbers in Deuteronomy follow the Hebrew text; English Bibles run one verse higher in this section. 1. Standing in a covenant that was sworn before you were born Nitzavim opens with Israel standing — nitzavim — […]
  • Ha’azinu: Luister na die Lied van die Rots September 17, 2026
    Die naam Ha’azinu beteken “Luister!” Hierdie Torahgedeelte, Deuteronomium 32, bevat die lied wat Moses kort voor sy dood aan Israel geleer het. Dit herinner die volk aan YHVH se trou, waarsku hulle teen geestelike afvalligheid en eindig met die hoop op herstel en versoening. Moses begin deur sy woorde met reën en dou […]
  • STAAN, KIES EN WANDEL : NITZAVIM – VAYELECH August 29, 2026
    Nitzavim–Vayelech : Deuteronomium 29:10–31:30 Hierdie week lees ons ’n dubbele Torah-gedeelte, Nitzavim en Vayelech, en saam bring hierdie twee gedeeltes ons by een van die aangrypendste oomblikke in die Torah. In Nitzavim–Vayelech  staan Israel op die vlaktes van Moab. Die woestynreis is amper verby. Die Beloofde Land lê voor hulle. Moses weet dat […]
  • WANNEER JY INKOM – KI TAVO August 24, 2026
    DIE KERN BOODSKAPPE VAN KI TAVO: Onthou waaruit YHVH jou gebring het, wees dankbaar vir waar Hy jou gebring het, en wanneer jy Sy seën binnestap, moenie die Gewer vergeet nie. Ki Tavo (כִּי־תָבוֹא) beteken “Wanneer jy inkom.” Israel staan op die punt om die Beloofde Land binne te gaan. Ná jare in […]
  • WANNEER GELOOF DEEL WORD VAN JOU ALLEDAAGSE LEWE – KI TETZE August 16, 2026
    Ki Tetze (כִּי־תֵצֵא) beteken “Wanneer jy uittrek” of “Wanneer jy uitgaan.” Hierdie Torah-gedeelte bevat meer gebooie as enige ander porsie en raak ’n verstommende verskeidenheid aspekte van die alledaagse lewe aan: gesinsverhoudings, die huwelik, werk, geregtigheid, die versorging van kwesbares, eerlikheid in besigheid, goedheid teenoor diere en selfs die terugbesorging van iets wat verlore […]
  • SHOFTIM – WIE REGEER MY HART? August 11, 2026
    Die woorde waarmee hierdie gedeelte begin, bly deur die eeue heen weerklink: “Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag.” Deuteronomium 16:20 Shoftim (שֹׁפְטִים) beteken “regters”. Israel staan op die drumpel van die Beloofde Land, en YHVH leer hulle dat dit nie genoeg is om die land bloot in besit te neem nie. Hulle moet daarin […]
  • Kies Lewe deur die Koning te Volg – Parasha Re’eh August 5, 2026
    "Kyk (Re'eh), Ek hou vandag voor julle die seën en die vloek." (Deut 11:26) Die eerste woord van hierdie week se Parasha is Re'eh, wat beteken "Kyk!" Dit is merkwaardig dat Moses die volk in die enkelvoud aanspreek. Al staan die hele volk voor hom, spreek hy elke persoon individueel aan. Elkeen moes […]
  • Walking in the Footsteps of Covenant – Ekev July 27, 2026
    The Hebrew word Ekev (עקב) literally means heel or because. It carries the beautiful picture of following in someone's footsteps. Just as a heel leaves a footprint behind, Israel was called to walk in the footsteps of YHVH's covenant. The blessings described in this parashah were not random rewards, but the natural fruit of […]
  • The Heart That Hears : Va’etchanan July 20, 2026
    The name Va'etchanan, meaning "I pleaded" or "I earnestly sought favor," reflects Moses' heartfelt plea to YHVH from the plains of Moab, begging to enter the Promised Land. Despite Elohim's loving refusal, Moses, rather than dwelling on his disappointment, dedicates his final days to preparing the Israelites for a future he will not witness. […]

Recent Posts